Ouer Verklaring

  1. Dat ek my vergewis het van die grondslag, wese en doelstellings van Die Voortrekkers soos uiteengesit in hierdie lidmaatskapbrosjure en verleen toestemming dat my kind daaraan blootgestel mag word en onderneem om hom/haar daarin te ondersteun
  2. Dat ek hiermee bystand verleen aan my kind ten einde aansoek te doen om lidmaatskap van Die Voortrekkers.
  3. Dat ek aanvaar dat die beginsels wat in die lidmaatskapbrosjure vervat is as basis sal dien by oorweging van my kind se aansoek en voortsetting van lidmaatskap.
  4. Dat ek van mening is dat my kind voldoen aan die vereistes van Die Voortrekkers soos uiteengesit in die lidmaatskapbrosjure.
  5. Dat ek kennis neem dat my kind hom/haar aan die bepalings van die grondwet, reglemente en standaard prosedures van Die Voortrekkers onderwerp by aanvaarding van sy/haar lidmaatskap en aanvaar dat daar toepaslik volgens die bepalings van Die Voortrekkers se reglemente, insake dissiplinêre optrede, opgetree kan word indien hy/sy die beginsels daarvan of ander landswette oortree. Ek aanvaar dat my kind se deelname aan Voortrekkeraktiwiteite tydelik opgeskort kan word, indien sy/haar optrede na die redelike oordeel van die betrokke bestuursliggaam, ernstig in stryd is met die grondwet, reglemente en standaard prosedures van Die Voortrekkers.
  6. Dat ek onderneem om toe te sien dat my kind se registrasiegeld jaarliks voor die sperdatum betaal word by gebrek waarvan sy/haar lidmaatskap kan verval.
  7. Dat ek hiermee Die Voortrekkers, al sy openbare amptenare, al sy verteenwoordigers en lede vrywaar teen aanspreeklikheid van enige eis om skade, uitgesonderd skade veroor- saak deur hulle growwe nalatigheid, hetsy gebaseer op geldelike verlies, uitgawes aangegaan in verband met sodanige skade, eise vir pyn en lyding, eise vir verlies aan toekomstige inkomste of watter ander aanspreeklikheid ookal, wat mag voortspruit uit een of meer van die volgende:
    - dood of besering aan die persoon van bogenoemde kind
    - verlies van eiendom van bogenoemde kind terwyl gemelde kind betrokke is by enige aktiwiteit en/of reis op pad na of van enige perseel waar sodanige aktiwiteit aangebied word waarby Die Voortrekkers of enige van sy verteenwoordigers dit op enige vlak georganiseer het of by betrokke is.
  8. Dat ek hiermee die gemagtigde verteenwoordiger(s) van Die Voortrekkers wat in bevel mag wees tydens enige voorval waarin bogemelde kind beseer mag word, magtig en aanstel om namens en in my plek tot enige van die ondergemelde toe te stem indien ek, om welke rede ookal, nie beskikbaar is nie:
    - chirurgiese of mediese prosedure en/of toediening van narkose wat nodig mag wees as gevolg van enige besering aan die persoon van die bogemelde kind;
    - die aangaan van mediese koste in verband met bogemelde kind insluitend nood mediese afvoer.
  9. Dat ek waarborg en bevestig dat ek self gemagtig is en die reg het om tot sodanige optrede in te stem en bekragtig enige optrede hierkragtens gedoen.
  10. Dat ek onderneem om enige (van die bogemelde) koste ten opsigte van bogemelde op aanvraag te betaal en onderneem hiermee om Die Voortrekkers en/of enige van sy openbare amptenare en/of enige van sy verteenwoordigers te vergoed vir en vrywaar teen van enige koste wat in hierdie verband aangegaan mag word.
  11. Dat ek bevestig dat enige mediese rekening direk aan my gestuur moet word en onderneem om alle koste in die verband op aanvraag te betaal.
  12. Dat die inligting wat ek op aansoek vorm verskaf het korrek is.Dat ek die woonadres vermeld in die “Aansoek om Lidmaatskap” kies vir doeleindes van enige kennisgewing aan my, voortspruitend uit enige aksie gedek deur hierdie dokument.
  13. Dat ek die inhoud van hierdie onderneming en lidmaatskapbrosjure met die voornemende jeuglid bespreek het.

Volwasse Verklaring

  • Dat ek vrywillig hierdie verklaring onderteken.
  • Dat ek my vergewis het van die grondslag, wese en doelstellings van Die Voortrekkers en die volledige inhoud van die lidmaatskapbrosjure.
  • Dat ek aanvaar dat die beginsels wat in hierdie lidmaatskapbrosjure vervat is as basis sal dien by oorweging van my aansoek, en voorsetting, om lidmaatskap.
  • Dat ek van mening is dat ek voldoen aan al die vereistes van Die Voortrekkers soos uiteengesit in die lidmaatskapbrosjure.
  • Dat my naam nie ingevolge artikel 50(2) Wet 32 van 2007 in die Nasionale Register van Seksuele Oortreders opgeneem is nie
  • Dat ek nie ingevolge artikel 120 van die Kinderwet 38 van 2008 onbevoeg verklaar is om met kinders te werk nie.
  • Dat ek kennis neem dat ek my aan die bepalings van die grondwet, reglemente en standaard prosedures van Die Voortrekkers onderwerp en aanvaar dat daar toepaslik volgens die bepalings van Die Voortrekkers se reglemente, insake dissiplinêre optrede, opgetree kan word indien ek die beginsels daarvan of ander landswette oortree Ek aanvaar dat ek in die uitvoering van my Voortrekkerverpligtinge gestuit kan word, indien daar na die redelike oordeel van die betrokke bestuursliggaam ondersoek ingestel moet word na my optrede, omdat dit dalk daarop sou dui dat dit in stryd is met die grondwet, reglemente en standaard prosedures van Die Voortrekkers.
  • Dat ek onderneem om jaarliks registrasiegeld, indien van toepassing, voor die sperdatum te betaal en by gebreke waarvan my lidmaatskap kan verval.
  • Dat ek hiermee Die Voortrekkers, al sy openbare amptenare, al sy verteenwoordigers en lede vrywaar teen aanspreeklikheid van enige eis om skade uitgesonderd skade veroorsaak deur hulle growwe nalatigheid, hetsy gebaseer op geldelike verlies, uitgawes aangegaan in verband met sodanige skade, eise vir pyn en lyding, eise vir verlies aan toekomstige inkomste of watter ander aanspreeklikheid ookal, wat mag voortspruit uit een of meer van die volgende:
    - dood of besering aan my as die persoon;
    - verlies van eiendom van my as persoon terwyl ek betrokke is by enige aktiwiteit en/of reis op pad na of van enige perseel waar sodanige aktiwiteit aangebied word waarby Die Voortrekkers of enige van sy verteenwoordigers dit op enige vlak georganiseer het of by betrokke is.
  • Dat ek hiermee die gemagtigde verteenwoordiger(s) van Die Voortrekkers wat in bevel mag wees tydens enige voorval waarin ek beseer mag word, magtig en aanstel om namens my en in my plek tot enige van die ondergemelde toe te stem indien ek, om welke rede ookal, nie daartoe in staat is nie en nie enige spesifieke naasbestaande beskikbaar is nie:
    - chirurgiese of mediese prosedure en/of toediening van narkose wat nodig mag wees as gevolg van enige besering aan my persoon;
    - die aangaan van mediese koste in verband met bogemelde en insluitend nood mediese afvoer.
  • Dat ek waarborg en bevestig dat ek self gemagtig is en die reg het om tot sodanige optrede in te stem en bekragtig enige optrede hierkragtens gedoen.
  • Dat ek onderneem om enige (van die bogemelde) koste ten opsigte van bogemelde op aanvraag te betaal en onderneem hiermee om Die Voortrekkers en/of enige van sy openbare amptenare en/of enige van sy verteenwoordigers te vergoed vir en vrywaar teen van enige koste wat in hierdie verband aangegaan mag word.
  • Dat ek bevestig dat enige mediese rekening direk aan my gestuur moet word en onderneem om alle koste in die verband op aanvraag te betaal.
  • Dat die inligting wat ek op hierdie aansoekvorm verskaf is wel korrek is, en onderneem om deurlopend veranderinge van inligting deur te gee.
  • Dat ek die woonadres vermeld in die “Aansoek om Lidmaatskap” kies vir doeleindes van enige kennisgewing aan my, voortspruitend uit enige aksie gedek deur hierdie dokument.
  • Dat ek myself deeglik vergewis het van die inhoud van hierdie onderneming en die lidmaatskapbrosjure van Die Voortrekkers.